NG KERK KLOOFSIG & KINGDOM LIGHTHOUSE MINISTRIES
  • Tuisblad
  • WIE IS ONS
  • PROJEKTE & UITREIKE
  • NUUS & Aktiwiteite
  • Kalender
  • ONS GESKIEDENIS
  • Link Page
Picture

NUUS & AKTIWITEITE IN 2018

Vrouediens insameling en skenkings

​Die Vrouediens het hierdie jaar weer 'n groot poging geloods om bokse/sakke propvol heerlike verversings in te samel om uit te deel aan minderbevoorregtes. Marietjie Nel het 50 bokse/sakke in ontvangs geneem en saam met haar vriendin, Antoinette van Humble Hearts Charity, dit gaan uitdeel. Daar het groot dankbaarheid geheers onder die mense in Elandspoort, Danville en Booysens  vir die skenking. Dit was 'n groot ontnugtering om te besef dat van mense wat skenkings ontvang het haar-opknapper as 'n luukse item beskou. Lidmate van NG Kerk Kloofsig maak ook gereeld skenkings in hul privaat hoedanigheid. 
Picture

Marietjie Nel by  die bokse en sakke ingesamel deur die Vrouediens

Picture

Gwen se jaarlikse skenking aan vroue by Monument Park Spar

Picture
Picture

Twee van die mense wat skenkings ontvang het

Picture

Dienssentrum Kersete - 22 November 

Ons Kuiergroep by die Dienssentrum se kersete was op 22 November 2018. Heerlike saam gekuier en geeet! Steve Hofmeyr was die gaskunstenaar en almal het sy optrede baie geniet. ​
Picture
Picture

Annamarie Steyn, Susel Pienaar en Marie Potgieter

Steve Hofmeyr

Picture

Verjaarsdae 

Tannie Hennie Cloete, ons gemeente se oudste lidmaat, het op 20 Desember 2018 haar 97ste verjaarsdag gevier. 
Ons het Eufie van Zilj behoorlik bederf met haar 80ste verjaarsdag op 26 September 2018. 
Picture
Picture

Tannie Hennie Cloete

Eufie van Zyl 

Picture

Doop

Hennie en Mariette Castelyn het op 21 Oktober 2018 hul seuntjie, Wikus, laat doop. ​
Picture
Picture

Hennie en Mariette Castelyn met ouer boetie Ian en baba Wikus

Picture

Rusoord tee - 9 Oktober 

Ons Vrouediens se jaarlikse teeskinkbeurt by Rusoord was op 9 Oktober 2018. Die dames het Rusoord se bejaardes behoorlik bederf en die oggend heerlik saam het hulle geniet. Elke bejaarde het 'n pragtige plekmatjie as geskenk ontvang en Marina Valentine het almal met haar klavierspel vermaak. 
Picture

Marietjie Nel, Ds Petro du Toit, Etresia Crous, Andra Verster, Susel Pienaar en Marina Valentine

Picture

Nuwe naambord

Die engelse groep, KLM (Kingdom Lighthouse Ministries), wat ons kerkfasiliteite met ons deel, het die Kerkraad genader met 'n versoek om 'n naambord by die kerk op te rig. Ons het ingestem en besluit dis tyd dat ons eie naambord ook opgegradeer moet word. 
Picture
Broer Albert Verster het tydens ons 50 jarige herdenking 'n pragtige embleem ontwerp wat sederdien voor in die kerk hang en die kerkraad het besluit om juis daardie embleem op ons nuwe naambord te gebruik.
Picture
Picture

80ste Verjaarsdag - 29 Maart

​Dames van Kloofsig Gemeente het een van hulle "jonger" lidmate, Susel Pienaar, wat nog baie aktief betrokke is by die Gemeente, se 80ste verjaarsdag op 29 Maart gevier. 'n Heerlike verrassingsontbyt is gereël deur die dames om hierdie geleentheid saam met haar by Die Kwekery te geniet. Sy glo haar geheim van 'n vol lewe is dat jy jou oë doelbewus vestig op die Here, en nie op jou omstandighede nie!
Picture

Susel Pienaar

Picture

Dames van Kloofsig Gemeente

Picture

Voedselnood by Kideo Kleuterskool  

Marietjie is baie dankie aan elkeen wat kos geskenk het, asook die kontant bydrae waarmee sy kos aangekoop het vir Kideo Kleuterskool. Dit is met groot waardering in ontvangs geneem deur die skoolhoof, wat drie etes per dag aan die kinders voorsien. Hy waardeer dit veral aangesien hy geen kinders wegwys wat nie die skoolfonds kan bybring nie.
Picture
Picture

NUUS & AKTIWITEITE IN 2017

Kerssangdiens - 26 November 

Die kerssangdiens is aangebied op 26 November 2017. 
Picture

Willie Boshoff van Kingdom House Ministries

Picture

Kersboom en kruis 

Picture

Een van ons engeltjies tydens gebed

Picture

Yolandie Nel 

Picture

Marina Valentine

Picture

Engelkoor

Picture

Tuisgebakte koekies aan senior lidmate  

NG Kerk Kloofsig gee jaarliks heerlike tuisgebakte koekies aan ons senior lidmate bo 70 - hierdie jaar is daar 41 lidmate.  Die groot pak dag  was op 21 November, en op Sondag, 3 Desember word dit aan die lidmate oorhandig tydens die erediens.  Seniors wat nie meer die dienste kan bywoon nie, of siek is, word tuis besoek.   
Picture

Koekies is oorhandig aan senior lidmate gedurende die erediens

Picture

Tuisgebakte koekies 

Picture

Kuiergroep jaarafsluiting - 23 November 

Die kuiergroep jaarafsluiting is gehou 23 November 2017 by Dienssentrum. ‘n Heerlike geleentheid! Ons het ‘n watertand ete geniet by mooi versierde tafels met Coenie de Villiers as gaskunstenaar. 
Picture

Tafels

Picture

Ds Petro

Picture

Vrouediens jaarafsluiting - 18 November 

Op 18 November het ons die jaarlikse vroudiensafsluiting by Koffietijd in Pretoria gehou. Dit was 'n heerlike geleentheid om die jaar se werk met so 'n gesellige ete af te sluit. 
Picture

Dames van die vrouediens

Picture

Koffietijd winkel

Picture

Getuienis deur Tony Bird - 22 Oktober 

Picture

Tony & Elsabe Bird

Picture
Tony Bird was 'n gemeentelid by NG Kerk Kloofsig wat gediagnoseer is met kanker in 2012. Oorspronklik was die dokters se voorspelling dat Tony ongeveer drie maande sal leef, maar 5 jaar en 9 operasies later was Tony steeds met ons. Terwyl hy geleef het, het hy getuienis gelewer by verskeie gemeentes en bymekaarkomplekke. Sy boodskap het vertel hoe hy vrede gemaak het met sy siekte, en dat hy geglo het sy tyd work slegs deur die Here bepaal. Hy het elke oomblik positief en voluit gelewe, al het dit ook beteken dat hy moes pyn en chemo verduur. Tony se laaste getuienis was by Gospel@Pub gelewer op 22 Oktober, en hy is oorlede op 17 Desember 2017. Ons gedagtes en gebede is saam met Tony se vrou, Elsabe, en familie. 


"In tears we saw Tony sinking,
we watched him fade away.
Tony faced his task with courage
his spirit did not bend,
and still he kept on fighting
until the very end.
God saw him getting tired,
when a cure was not be
so He put His Arms around him
and whispered "Come to Me".
A golden heart stopped beating
hard working hands now rest
So when we saw 
Tony sleeping
so peaceful and free from pain
we could not wish him back
to suffer that again

Your life was a blessing
Your memory a treasure
You are loved beyond words
You will be remembered and forever missed."


​
Love your family, friends, and loving wife
Picture

Belydenisaflegging - 15 Oktober 

Welkom aan ons nuwe belydende lidmate Jolandi Nel, Jacques de Chermont en Tanya Erasmus.
Picture

Jolandi Nel (links) Ds Petro du Toit (middel) Jacques de Chermont (regs)

Picture

Tanya Erasmus

Picture

Uitstappie na Ludwig Rose - 27 September

Op 27 September 2017 het ons 'n uitstappie na Ludwig Rose net buite Pretoria gehad.
Ludwig Rose is bekend vir die groot verskeidenheid van rose in elke kleur en geur.  
Picture

​​Tee by Rusoord - 12 September

​The Vrouediens het tee bedien by Rusoord op 12 September 2017. 
Dis was 'n geleentheid om die oggend spesiaal te maak vir inwoners met heerlike verversings, musiek en 'n geskenkie. 
Picture

​Vrouediens Tee - 26 Augustus

Die jaarlikse Vrouediens Tee was op 26 Augustus 2017. Die tema hierdie jaar: Herwinning. 
Ons spesiale gas was Marietta Henrico - sy het 'n besonderse talent met serpe vou!  
Picture

Besoek aan Garden World - 17 Augustus 

Op 17 Augustus het ons Garden World net buite Johannesburg besoek. Wat 'n belewenis! 
Picture

​Vroue Kuier Groep - Decoupage 28 Junie 

Op Woensdag, 28 Junie 2017 om 10:00 het die Vroue  Kuier Groep 'n decoupage oggend aangebied. 
Decoupage gebruik gekleurde papier of servette saam met verf, gom, en ander dekoratiewe items om 'n kunswerk te skep. 
Ongeveer tien vroue het die oggend  bygewoon - 'n feestelike oggend met baie pret! ​
Picture
Picture
Picture

Kontak NG Kerk Kloofsig

Contact Kingdom Lighthouse Ministries 

Predikant:                                          Ds Petro du Toit
                                                             072 286 0014

Kerkkantoor:                                     012 6440405

Epos:                                                   ngkerkkloofsig@gmail.com

​
Skriba:                                                 Annamarie Steyn
                                                             076 105 7778

Jeug:                                                    Lappies Labuschagne 
                                                             082 458 7071

Gemeentebestuurder:                     Dries Steyn
                                                              082 726 3137
​                           
Pastor:                            Ian Plaatjies 
                                         072 631 7528
​                                         ianplaatjies@gmail.com 

Assistant Pastor:           Judy Plaatjies
                                         082 676 7608
​                                         judyp@telkomsa.net

Administrator:               Emmie Boshoff 
                                          082 957 0645
                                          emmie@dream-house.co.za
​

    Verskaf jou epos adres om nuus te ontvang

Submit
  • Tuisblad
  • WIE IS ONS
  • PROJEKTE & UITREIKE
  • NUUS & Aktiwiteite
  • Kalender
  • ONS GESKIEDENIS
  • Link Page